top of page

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

1.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

2.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

3.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

4.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

5.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

6.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

7.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

8.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die verklarings uitgereik deur Innibos direksielede oor Steve Hofmeyr en die Laevelder se berig oor die uwe se beweerde “eie fees”, verwys. Dit kan nie onbeantwoord bly nie. Eerstens, Innibos moet miskien oorweeg om mediaverklarings en beleid meer omsigtig te benader. Die verklarings is slordig, ondeurdag en deurspek met teenstrydighede, soos hieronder mee gehandel word. Tweedens, die oproep tot opponering van die Innibos verbanningsbeleid was en is nie ‘n pro-Steve veldtog nie,– dit bevraagteken u geloofwaardigheid en respek vir vryheid van spraak.  Die volgende stellings in u verklaring belig hierdie problematiek  :

 

Ons het niks teen Steve as mens nie : Net in die volgende paragraaf egter, word Steve bestempel as ‘n “opportunis” wat “elke moontlike geleentheid gebruik om sy eie beeld te bou”. By ‘n ander geleentheid het een van die komiteelede hom as ‘n “godjie” beskryf. Later in die verklaring, “…Omdat hy…waarskynlik in sy ego gekrenk is…Hoe kan enige iemand so verwaand wees!”  Die stellings impliseer verwaandheid en bedrog. Persoonlikheidstrekke wat by uitstek aspekte van menswees is. Maar u beweer u het niks teen hom as mens nie. Dit rym eenvoudig nie. Trouens, dis lasterlik.

 

Die suikerlagie om die bitterpil waarmee die lesers in die verklaring inverlei word, het toe gou gesmelt.

 

Kunstenaars moet onderneem om geen Godslasterlike of polities-sensitiewe inhoud in hul optrede in te sluit nie. Dit geld ook vir lirieke van liedjies, ens.: Die beperking geld klaarblyklik vir alle optredes, toneel ingesluit. Die stelling verklaar dit immers (“…Dit geld ook vir…, ens.”). Hier is baie wat stem tot kommer en baie teenstrydigheid :

 

Die onderneming het ingrypende regsimplikasies vir kunstenaars. Wie gaan dit polisieër? Die komitee / direksie? Vermoedelik. Wat is u definisie van “godslasterlik” en “polities-sensitief”?  Gaan die komitee se “sensitiwiteit” die maatstaf wees? Kunstenaars wat sodanig onderneem kan ongetwyfeld dan weens kontrakbreuk van hulle vergoeding ontneem word as die komitee ná die optrede besluit daar was iets “godslasterlik” of “polities sensitief” in die stuk of liedjie. Hoe kan enige kunstenaar sy werk aan sensuur, wat nog subjektiewe vaag gedefinieerde sensuur onderwerp en sy vergoeding regtens op risiko plaas? Moet die uwe sy toneelstuk oor ‘n witman wat nostalgies oor die verlede rebelleer teen die hede, nou herskryf? (sic).

 

Hoe hou die verlangde onderneming stand by artikels 15 (godsdiensvryheid en vryheid van opinie) en 16 (vryheid van uitdrukking en spraak) van die Handves van Menseregte (Grondwet van die RSA 1996)? Sommige meen selfs godslastering is tegnies verskans.  Die enigste beperking van hierdie regte is vervat in artikel 16(2) wat haatspraak, rassisme en aanhitsing tot geweld verbied. Dit is egter nie wat die Innibos-onderneming verbied nie. Dit plaas bloot ‘n blanko perk op “alle polities-sensitiewe” materiaal. Indien die onderneming bewoord was om “alle haatspraak ens.” uit te sluit, was dit ‘n perd van ‘n ander kleur. Maar dit is nie. Soos tans geformuleer skend dit menseregte. Dit is ondeurdag. Die komitee is regtens kwesbaar.

 

Die verlangde onderneming sluit duidelik toneelstukke met politieke satire en verwysings in. Andre P Brink se dood verlede week het hierdie mynveld gepas belig. Breyten Brytenbach bring aan hom hulde in Beeld van 9 Februarie oor, onder andere, die politieke euwels van die vorige bedeling wat hy deur sy werk belig en bestry het.

 

Brink se omstrede Kennis van

die aand, was aanvanklik selfs

verban, so “polities sensitief”

was dit. Hier kan mens die talle

politieke stryd-verse van ons

digters van weleer byvoeg : Totius (Vergewe en vergeet) en CP Hoogenhout (Engels, Engels, alles Engels) om maar twee te noem. Gaan ons voortaan by Innibos net werke sien / hoor wat geen politieke sensitiewe verwysings bevat nie? Sal dr Mathews Phoza se bundel Deur die oog van ‘n naald met sy talle struggle verse byvoorbeeld ook nie daar voorgelees kan word nie? En wat van God van chaos met sy rassisties sensitiewe dialoog wat voorverlede jaar by Aardklop uitgeblink het? Of geld die verbod net politiek wat die direksie nie aanstaan nie? Die direksie moet hier koers gee : die publiek moet weet of hulle kunstenaars in eie reg gaan sien, wat oorgegee is aan die vreugde en vrye teuels van hulle bedryf, en of hulle kunstenaars  gaan sien in die boeie van sensuur.

 

Waarom kon Breyten Breytenbach, Andre Brink en vele ander hulle politieke oortuigings deur hul werk belig? O, hoor ek u sê, hulle het nie gesing nie. Wel, dan wat van Koos Kombuis met “almal wil ‘n husie by die see hê, almal sê die struggle is verby…”, en Bok van Blerk se De la Rey..hoeveel rumoer het nie oor daardie beweerde opswepende oorlogskreet opgegaan nie? Die lekker sing daarvan op die feesterrein is seker nou ook verby - sal maar die cd moet luister.  Deon Opperman se werke wat al by die einste Innibos treffende satire en dialoog oor die vorige politieke bedeling en veral die dienspligstelsel uitgebeeld het, was aanvaarbaar. So ook sy Ons vir jou. Skynbaar tog nét nie kuns of werke of musiek wat die huidige bedeling bevraagteken nie.

 

En dit verskuif mens se gedagtes onwillekeurig na die komitee se volgende aanspraak : Innibos is a-polities.  Werklik? Hoe kan ‘n direksie waarvan die voorsitter ‘n nasionale politikus in die regerende party is, a-polities wees? Dit skep ‘n bepaalde persepsie en dra ‘n boodskap na buite, naamlik “ons is die ANC goedgesind”; "kyk, sý vername lid is ons voorsitter”. Niks teen hom nie, of selfs teen sy voorsitterskap nie, maar dit is allermins tekenend van ‘n a-politiese beeld. Ons dra almal politieke etikette met persepsies wat ons vooruitloop. Dis die werklikheid. Die politiek is nou maar eenmaal iets wat jy moeilik in ‘n koekblik in jou kruidenierskas wegsteek. Boonop het die reaksie van die direksie op die ANC se dreigende “boikot” hierdie persepsie versterk : “Ons is so jammer... as ons net betyds die klank (Steve se Stem) kon uitdoof”.  Werklik? Gaan u, as ‘n volwasse kunstefeesbestuur nou werklik voorgee dat u ‘n kunstenaar midde in sy vertoning sou sensureer? Of ‘n toneelstuk sou onderbreek oor wat u dink die regering as “verkeerd” beskou? Dis kru. So kru soos die huidige parlementêre onluste. U adem dese dwangkultuur. U sê Steve gryp terug na Apartheid; maar u beoefen die euwelpraktyke wat daardie tyd van aangekla word. ‘n Kunstefees vir mense wat vry en vreedsaam met die eie assosieer is nie aan die regering verantwoordbaar of iets verskuldig nie.

 

Steve het alles kom bederf met sy sing van die Stem : Volgens wie?  Die mense, ongeveer veertig duisend, was heel ingenome - die fotos kan nie lieg nie. So wie het die “bederf” gevoel? ‘n Klein handjie mense in beheer, onder druk van die borge en moontlik polities korrektes onder gelddruk in verhewe feesbesture. Mense wat glo dat almal in hierdie land die huidige bedeling móét aanvaar. Mense wat glo dat die huidige grondwet in beton gegiet is. Waarom kan mense (en in besonder kunstenaars) nie ander strewes hê as die status quo nie? Die Grondwet self maak vir ‘n wysigingsprosedure voorsiening. As sekere groepe ‘n ander bedeling wil propageer, is dit nie hulle goeie reg nie? As dit vreedsaam geskied, sonder haatspraak, dan waarom nie? Dit verruim die gesprek, ook binne die kunste. U lees in enige opposisie van die huidige  bedeling of ‘n eie kulturele strewe, bloot ‘n “teruggryp na Apartheid”. Dit is ‘n growwe onregverdige afleiding. Apartheid is verby. Niemand propageer dit nie. In teenstelling hiermee verklaar die ANC ‘n strewe na “rasse-integrasie”, opsigself strydig met art 18  van die Grondwet (vryheid van assosiasie). Ek bepleit nie hier ‘n ander bedeling nie, maar ek en duisende ander weier om ingeverf te word in ‘n feesdireksie se hoek wat sê “alle eendjies in ‘n ry”, “ons het ja gestem om so te bly, trap in jou spoor of gly”. Die kunste het ‘n rol om die volle spektrum van ons samelewing se strewes te adem en te belig. Dit noem ons vryheid van spraak. Dr Johan Rupert bestempel  dié reg op 8 Februarie as een van die hoekstene van ‘n wennasie. Hy sê onder andere :

 

“Ek bedoel, Zelda la Grange is nie ’n rassis nie. Sy het miskien ’n faux pas begaan, maar sy is nie ’n rassis nie. As jy in die land nie met iemand saamstem nie, dan noem jy hom ’n rassis.”  Voeg maar by, “Steve”.

 

Onder die opskrif “Vryheid van spraak vir almal” skryf Tim du Plessis, die bekende joernalis in Kyknet Aktualiteit op 26 Janaurie :

 

“…álle Suid-Afrikaners kan maar ‘n bietjie werk aan hul kleinserigheid. So what as die president sê Suid-Afrika se probleme het begin die dag toe Jan van Riebeek voet aan wal gesit het in Tafelbaai? Of as Steve Hofmeyr sê swart mense het apartheid uitgedink? … Dis verdelend, selfs kwetsend. Maar dis nie haatspraak nie.”

 

Sou jou plaaslike skool vir Steve uitnooi?...(daarmee saam die rugbyraad en die kerk):  Mens kan jou min denkbare meer onvanpaste vergelykings voorstel. Staatskole (wat klaarblyklik hier bedoel word) is lank nie meer die plek vir eie kultuurgoedere nie. Die Stem in die kerk? So min soos De la Rey. Waarom op dees aarde sal iemand Die Stem by ‘n kerkdiens wil sing? By ‘n rugbytoets? Waarom? Ons het mos ‘n volkslied. Onderskeidende denke is kennelik nie hier aan’t werk nie. Daar is baie geldige redes, anders as ‘n onvanpaste gryp na ras wat die sing van daardie lied by die genoemde geleenthede uitskakel. Innibos het nie een van die eienskappe van daardie geleenthede nie. En terloops, terwyl u Die Stem so pragtig en nostalgies vind, waar kan mens dit volgens u dan nog sing, anders as in ons storte? Dit word selfs by die Vlaams Nationaal Zangfeest in Antwerpen gesing. As Elvis Blue sy Afrikaanse weergawe van Nkosi by u fees wil sing, sal u dit beskou as ‘n “teruggryp” na die terrorisme van die struggle? In die konteks van die volkslied is die Stem-gedeelte vir u aanvaarbaar. Hoeveel mense sing die Stem-gedeelte (of die Nkosi-gedeelte) nie dalk met “duistere motiewe” nie?  Moet Die Stem dan nie maar uit die volkslied verwyder word nie?

 

Die term “Afrikaanse” in teenstelling met “Afrikaners” later in die verklaring, is aanduidend van ‘n verskraling van die direksie se missie. Van Afrikaner kunstefeeste, het ons beweeg na Afrikaanse feeste en huidiglik Afrikaanses wat dit met ander volksgroepe saam geniet en deel. Opvallend baie soos die Apartheidsregering se skelm-spiraal van tuislande, na gemeenskaplike sake, toe magsdeling en uiteindelik kom die waarheids-haas-uit-die-hoed :  die dwingelandij van ‘n eenheidstaat. Laasgenoemde, beoog nie die inlei van ‘n politieke debat of het sodanige motiewe nie – bloot ter aanduiding van ‘n analoë gebrek aan geloofwaardigheid. Dalk volgende jaar is Innibos ‘n ware Afrikafees. Gaan die ANC se rasse-integrasie deurgevoer word, ook in kunstefeeste? Is ‘n Afrikaanse kultuurfees nie juis die uiting van ‘n reg tot vrye assosiasie nie? Maar nouja, ons, sal u sekerlik beweer, is kinders van Afrika. Nie dat ek aanvoer dat ‘n ras-geïntegreerde kunstefees taboe is nie. Daar is dalk plek daarvoor, maar sê dit dan eerlik. Want daar is ook plek vir ‘n vrye assosiasie van mense wat ‘n eie fees wil koester. Anders kon ons maar die algemene kultuur van die Laeveld Skou omarm het.

 

As al die belangrike feeste in SA vir Steve weglaat moet daar iets fout wees : Maar eet al die feeste (weet nie van “al die belangrike feeste" nie) dan nie by dieselfde borgkrippe nie? Die oorweging is duidelik “wiens brood men eet, diens woord men spreekt”, en nie die meriete van die saak nie. Maar nouja, u en al die belangrike feeste se komitees weet beter as die duisende mense wat ongelukkig is. Terloops, al gedink hoe die mense sal opruk na ‘n fees wat hieroor deur die borge versaak is? Dink nie die borge sal dit waag nie.

 

Steve het homself uitgesluit deur te weier om by Innibos se gedragskode in te val : Terwyl naiwiteit ‘n populêre etiket is wat u mense die nek omhang, laat ons hierdie slinkse skuinsdraai van die waarheid liefs net daar laat vir elke redelike mens om te oordeel.

 

Ek wonder wat NP van Wyk Louw die

ikoon van die Afrikaanse letterkunde,

wat die sensurerende regering van sy

dag onbeskaamd gekapittel het,

sou gesê het as hy so iets moes teken?

Gaan lees maar sy Liberale Nasionalisme :

 

“So noodsaaklik  soos die

bloedsomloop vir die liggaam is,

so noodsaaklik is die sirkulasie van

gedagtes vir 'n volk. Die sirkulasie van gedagtes; dis die vrye uitspreek van eie mening en die aandagtige luister na die mening van ander, sodat 'n wisselwerking ontstaan...” en

 

‘n Wêreld deur glas :

 

”Ons durf geen preventiewe sensuur aanvaar nie…ons moet van die geskiedenis leer…dat dit altyd…verouderde of wankelende kulture…is wat op die mag van sensuur vertrou; dat  vaste en kragtige kulture dit nie nodig het nie”.

 

Ten slotte :

 

Ek het nie in enige sosiale kommentaar beweer dat ek “my eie fees gaan stig” soos berig in die Laevelder  nie. Ek het bloot gevra na die behoefte. Geen enkele mens kan ‘n fees reël nie, nog minder in ‘n oogwink. Nog minder oornag as opposisie vir ‘n groteske en pragtige onderneming wat Innibos geword het. Ek is bloot ‘n plaaslike klankbord van ‘n nasionale ontevredenheid. En dit het duisende beswaardes reeds bevestig. Die koerant se opskrif (van ‘n joernalis wat op die direksie sit en twee hoede dra) was die opstuur van ‘n baie stout joernalistieke vlieër, want dit het die tafel ooglopend gedek om hom later self af te skiet met “siedaar, hy kan tog nie ‘n fees reël nie”.

 

   Sal ‘n ander fees of feeste, vir Afrikaners wat deur die huidige sensuur en verbanningsbeleid ontuis voel by sommige bestaande feeste, ontstaan? Dit sal afhang van die mate waartoe Innibos, die KKNK en die duisende beswaardes mekaar kan vind of nie vind nie. Die publieke reaksie teen Innibos en die KKNK se verbanningsbeleid was dusver ongekend. Hoe 'n nuwe fees of feeste bedryf sal word, is onseker. Een gedagte is om dit, anders as Innibos, op nasionale vlak te organiseer en te bestuur met plaaslike ondersteunings-netwerke. Maar die tyd sal leer.

 

     Die uwe het ná die inlei van die nuwe politieke bedeling werklik gedink dat ons volk, ten spyte van die politieke venyn, rondom kultuur ‘n gemeenskaplike deler kon vind. Vir lank het dit so gelyk. Dit kan nog. Die vereiste van sensurerende “ondernemings” is egter kanker vir die kuns. Gee die mense wat hulle vra. Wys die regering die deur. Wees verdraagsaam met die eie, of soos iemand rondborstig opmerk, wees diep gelowig en versoenend teenoor die sigselwers van dié ou klein volkie. Reik Steve die hand. En vir Manie Jackson, Adam Tas, Chris Chameleon en die talle ander. Julle beweerde ruggraat het Steve die deur gewys; dit gaan stewiger en ware ruggraat verg om reg te maak. Maar maak reg, sodat ons in eervolle erkentenis van vrye spraak, menings-wisselwerking en kunsvryheid met verdraagsaamheid, as mense van een kultuurgroep saam kan lag, sing en toneel!

 

Met vriendelike groete,

 

Christo Smith

Nelspruit

14 Februarie 2015

               

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 



 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ope brief aan Innibos

direksie

  • Wix Facebook page

© James Consulting

bottom of page